Yukio Mishima

Yukio Mishima
三島由紀夫
Mishima in 1956
Gebore
Kimitake Hiraoka

(1925-01-14)14 Januarie 1925
Nagasumi-cho 2-chome, Yotsuya-ku, Tokio, Tokio Prefektuur, Japannese Ryk
(Teenswoordig: Yotsuya 4-chome, Shinjuku-ku, Tokio, Japan)
Sterf25 November 1970 (op 45)
JSVM Kamp Ichigaya
Ichigaya Honmura-chō, Shinjuku, Tokio, Japan
DoodsoorsaakSeppuku
Alma materUniversiteit van Tokio
Beroep
  • Romansier
  • dramaturg
  • digter
  • skrywer van kortverhale
  • essayis
  • kritikus
Notable work
Bekentenissen van een gemaskerde, Het goude paviljoen
Handtekening

Yukio Mishima (三島 由紀夫 Mishima Yukio) was die skuilnaam van Kimitake Hiraoka (平岡 公威 Hiraoka Kimitake, 14 Januarie 192525 November 1970), 'n Japannese skrywer, digter, draaiboekskrywer, akteur, regisseur, nasionalis, en stigter van die Tate no kai.

Mishima word beskou as een van die belangrikste Japannese skrywers van die 20ste eeu. Hy is in 1968 oorweeg vir die Nobelprys vir Letterkunde maar die prys is toegeken aan sy landgenoot, Yasunari Kawabata.[1]

Sy werke sluit die romans Bekentenissen van een gemaskerde, Het gouden paviljoen en die outobiografiese essay Sun and Steel in.

Mishima se werke word gekarakteriseer deur hul weelderige woordeskat en dekadente metafore, die versmelting van tradisionele Japannese en moderne Westerse literêre style, en die obsessiewe daarstelling van die eenheid van prag, erotisisme en die dood.[2]

Hy was 'n velle kritikus van Marxistiese ideologieë en het 'n ongewapende burgerlike milisie gestig vir die uitgesproke doel om die keiser te verdedig in die geval van 'n rewolusie deur Japannese kommuniste. Op 25 November 1970 het Mishima en vier lede van sy milisie 'n militêre basis in sentraal Tokio betree en die bevelvoerder gyselaar geneem.

Hy en die lede van sy milisie het probeer om die soldate by die basis te oortuig om by hulle aan te sluit ter ondersteuning van die keiser en met die doel om Japan se pasifistiese grondwet tot niet te maak. Toe hierdie poging onsuksesvol was, het Mishima selfmoord gepleeg by wyse van seppuku.

  1. Revealing the many masks of Mishima. The Japan Times. Opgespoor op 2014-05-12
  2. Andrew Rankin, Mishima, Aesthetic Terrorist: An Intellectual Portrait (Universiteit van Hawaii Uitgewers, 2018), bl. 119.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search